about Us

Vars Gebak...
Elke dag

Dít is die wenresep wat Boetie en Susie Burger al vir die afgelope amper 20 jaar in hulle besighede volg. Doughy’s het reeds in 1996 in die Bayside Mall in Mosselbaai hulle deure geopen waar heerlike brode, pasteie, koeke en terte groot gunstelinge onder Mosselbaaiers was. Na sewe jaar het hulle Doughy’s verkoop en ‘n koffiewinkel en bakkery in die Langeberg Mall begin wat ligte etes ook bedien het. In Desember 2016, het Doughy’s in die Hartenbos-strandfrontontwikkeling oopgemaak met die oorspronklike konsep met koffie en ligte etes by.

The new Doughy’s is already well known for serving tasty cakes (chocolate and mousse) and tarts and their cheesecakes (New York Baked and fridge), are especially very popular. A variety of pastries are freshly baked daily like muffins, croissants , apple turnovers, doughnuts and “driehoekies” prove to be best sellers. Paninis and wraps with various fillings and a host of delectable pizzas with the bacon supreme as their signature pizza, are amongst the favourites with customers. Sourdough, spelt and 100% rye breads are always available and baked daily.

Pasteie word ook op die perseel gebak. Doughy’s het ‘n afdeling vir wegneemetes ook, waar heerlike kosse bestel kan word. Die gesellige atmosfeer van Doughy’s met ‘n pragtige uitsig oor die see en Mosselbaai en die Hartenbos Waterpark is maklik bereikbaar vir oud en jonk en daar is volop parkering beskikbaar. Doughy’s is gesinsgeoriënteerd en die disse bied goeie waarde vir geld met vriendelike diens op die koop toe. Woensdae is pensionarisdag vor diegene 60 jaar en ouer. Besoek hulle vir 15% afslag op alle etes alleenlik. Vanaf 1 Februarie is daar ’n nuwe gourmetspyskaart wat daagliks vanaf 14:00 tot 21:00 bedien sal word. Hierdie spyskaart bestaan uit heerlike voorgeregte soos onder andere slakke en hoenderlewers en die hoofgeregte ruim porsies vleisgeregte, calamari en ander gunstelinge wat met verskeie bykosse bedien word. Doughy’s is daagliks oop vanaf 07:00 tot 21:00 saans en Boetie en Susie nooi almal wat nog nie reeds kom inloer het nie uit om ’n draai te kom maak.